Burlington, Vermont

City of Burlington
Die stadshorison van Burlington, met die Champlainmeer in die voor- en Mount Mansfield in die agtergrond
Die stadshorison van Burlington, met die Champlainmeer in die voor- en Mount Mansfield in die agtergrond
Shire town[1] of Chittenden County
Ligging
Kaart van Vermont
Kaart van Vermont
Counties van Vermont
Counties van Vermont
Basiese gegewens
Stigting: 1763 (New Hampshire Grants)
1865 (Inkorporasie)
Bevolking: 42 417 (2010)
Oppervlakte: 40,1 km²
Bevolkingsdigtheid: 1 421,6 inwoners/km²
Gemiddelde inkomste: $ 33 070[2] (2000)
Geografiese ligging: 44°28′N 73°9′W / 44.467°N 73.150°W / 44.467; -73.150Koördinate: 44°28′N 73°9′W / 44.467°N 73.150°W / 44.467; -73.150
Tydsone: EST (UTC-5)
Somertyd: EDT (UTC-4)
Webtuiste : Burlington
Administratiewe verdeling
Land: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat: Vermont
County: Chittenden County
Burgemeester: Miro Weinberger (D)
ZIP kode: 05401-05403, 05405-05408
Skakelkode: 802

Burlington is die grootste stad in die deelstaat Vermont (noordoostelike Verenigde State) en die administratiewe hoofstad (Engels: shire town) van Chittenden County. Burlington dien as die ekonomiese, finansiële, nywerheids-, kulturele en opvoedkundige sentrum van Vermont.

Met 'n bevolking van 42 417 (volgens die sensus van 2010; in 2019 is dit op 42 819 beraam) is Burlington die sentrum van een van die kleiner metropolitaanse gebiede van die Verenigde State, wat naas Burlington uit die stede South Burlington en Winooski en die dorpe Colchester, Essex en Essex Junction bestaan. Die metropolitaanse gebied beslaan die drie noordwestelike distrikte Chittenden, Franklin en Grand Isle met 'n totale bevolking van 203 503 (2003). Nogtans is Burlington die "kleinste" grootste stad van enige VSA-deelstaat.

Danksy sy ligging aan die oostelike oewer van die Champlainmeer naby die Groen Berge en sy verruklike natuurskoon het Burlington tot 'n belangrike hawestad en toeristebestemming ontwikkel.

  1. Die administratiewe setels van Vermont se 14 distrikte (counties) word shire towns genoem.
  2. per huishouding

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search